Een uit vyf Suid-Afrikaanse tieners probeer selfdood pleeg. Let op hierdie waarskuwingstekens:
Deur
op Februarie 18, 2015Dit is tienerselfdoodvoorkomingsweek en die Suid-Afrikaanse Depressie-en-Angsgroep (Sadag) het kommerwekkende statistiek bekend gemaak oor selfdood onder tieners.
* Die ouderdomsgroep 10 tot 19 is een van die hoogste risikogroepe vir selfdood
* Meer as ’n derde 38,3 persent het so wanhopig gevoel dat hulle ’n dokter moes besoek
* Amper ’n derde 29,1 persent het mediese behandeling benodig nadat hulle probeer selfdood pleeg het
* Amper ’n tiende 9,5 persent van alle onnatuurlike tienersterftes is weens selfdood
* Minder as een persent van die beddens in hospitale vir geestessiekes word aan kinders en adolessente toegeken
As jy oor jou eie of iemand anders se kind besorg is, wees op die uitkyk vir hierdie waarskuwingstekens. Die tekens kan beteken iemand loop die gevaar om selfdood te pleeg. Die risiko is groter as ’n gedrag nuut is of toegeneem het en as dit lyk of dit met ’n pynlike voorval, verlies of verandering verband hou.
* Praat oor wil doodgaan of jouself doodmaak.
* Praat van wanhopig voel of geen rede hê om te leef nie.
* Praat oor ’n las wees vir ander.
* Te veel of te min slaap.
* Afgetrokke wees of afgesonderd voel.
* ’n Beheptheid met die dood.
* ’n Verlies aan belangstelling in goed waarvoor ’n mens omgee.
* Mense besoek of bel om te groet.
* Reëlings tref; jou sake agtermekaar kry.
* Goed weggee, soos kosbare besittings.
* Ek sal nie meer in jou pad wees nie.
* Ek kan nie alles hanteer nie; die lewe is te moeilik.
* Niemand verstaan my nie; niemand voel soos ek voel nie.
Wat jy kan doen om te help:
* Jy is nie alleen hierin nie. Ek is hier vir jou.
* Ek verstaan jy het ’n ware siekte en dis wat die gedagtes en gevoelens veroorsaak.
* Jy glo dit dalk nie nou nie, maar jy sal weer anders voel.
* Ek kan dalk nie verstaan presies hoe jy voel nie, maar ek gee vir jou om en wil help.
* Wanneer jy wil opgee, sê vir jouself om net nog ’n dag, uur of minuut aan te hou –wat jy ook al kan baasraak.
* Jy is vir my belangrik. Jou lewe is vir my belangrik.
Alle dreigemente oor selfdood moet ernstig opgeneem word. As jy oor ’n tiener of jouself besorg is, bel Sadag by 0800 567 567, stuur ’n SMS na 31393 of besoek www.sadag.org
No responses yet